Sport en Rekreasie program

Koor: 28 Dogters, tussen 8 en 18 jaar, oefen weekliks onder leiding van Adri Quiens en ‘n jarelange, getroue vrywilliger, Drini Botha, om hul sang-talente, te ontwikkel. Die groep staan ook bekend as die DIVA’S (Doen Iets vir Ander). Die groep tree by verskeie Môreson funksies op.

Drama: 24 dogters, tussen 7 en 18 jaar is weekliks ingeskakel by drama klasse om sodoende ook te leer hoe om hul emosies uit te druk deur middel van drama.

Bybelstudie: 1 keer per week bied jarelange vrywilligers,  steeds getrou bybelstudie aan.

Kuns en Kunsvlyt: 5 dogters, tussen 5 en 7 jaar het lesse ontvang by vrywilliger.

Rugby: 17 Seuns, tussen 6 en 14 jaar ontvang weekliks rugby lesse by jarelange vrywilliger.

Sokker: 12 Seuns, tussen 9 en 17 jaar het ontvang weekliks lesse.