Ontwikkelingsprogram

ADRI QUIENS

Robert Heïnlein wrote: “A Child’s life is like a piece of paper on which every person leaves a mark”.

It is always an exciting privilege, to daily leave our mark on each child, in our centre’s papers. Our daily task is often challenging, but mostly rewarding, because we constantly remind ourselves of the following quote by an anonymous writer:

“A child is like a butterfly in the wind Some can fly higher than others, But each one flies the best they can.  Why compare one against the other?  Each one is different, Each one is Special, Each one is beautiful”

OM ONS PRAGTIGE VLINDERS TE HELP VLIEG, WORD DIE VOLGENDE PROGRAMME AANGEBIED:

  1. Lewensvaardigheidsgroepsessies vir al 100 kinders met die fokus op:
  • Selfkennis, sterkpunte en ontwikkelingsareas asook positiewe selfbeeeld en die voordeel daarvan vir positiewe gedrag.
  • Goeie waardestelsel, waarde van vergifnis.
  • Emosionele beheer in uitdagende situasies, verwantskap tussen ons sintuie en emosies.
  • Effektiewe beheer in uitdagende situasies en emosies.
  • Effektiewe kommunikasie (ook in publieke optredes).
  • Effektiewe konflikhantering en probleemoplossings tegnieke.
  • Kriteria vir gesonde verhoudings om sodoende goeie verhoudings te bou en te handhaaf.
  • Keuses en besluitneming om sodoende jou toekomsdroom te bereik.
  • Slagofferbemagtiging
  • Negatiewe effekte van terg en boelie.
  1. Vakansieprogramme
  • Gedurende vakansies word verskei vakansie programme aangebied: Kuns en Kunsvlyt, Swemlesse, Pottebakkery, ‘n Besoeke aan die Mond en Voet Skilders en die DBV, DVD vertonings, Vrugtefees/piekniek en verskeie ander uitstappies soos stap in die berg en besoek aan die strand is altyd ‘n hoogtepunt.
  1. Ander programme
  • Die Onafhanklike Bestaansprogram word deurlopend aangebied.  Die program poog om suksesvolle toetrede tot onafhanklike volwassenheid teweeg te bring deur middel van lewensvaardigheidsessies, oorlewingskamp, naskoolse studie moontlikhede en hulp met naskoolse werksplasings.

UITREIKAKSIES

‘n Groep seuns en dogters tussen 14 en 18 jaar, maak deel uit van ons Uitreikgroep, wat fokus om tot diens  van ander te wees en ‘n positiewe  bydrae in ander se lewens te maak. Hierdie groepie wil sodoende dankie  sê vir al die liefde en geskenke wat hul so ruim van die publiek ontvang. Die Rosemore Huis vir Bejaardes is by twee geleenthede besoek, waartydens die inwoners bederf is met naels verf en velsorg, dans, pannekoek en heerlike koekies wat die kinders self voorberei het.

Tydens Kinderbeskermingsmaand 2015, het ons Sonneblomland Speelskool in Protea Park besoek. Daar het die groep ‘n poppekas gehou rondom die tema van kinderbeskerming, gespeel met die kinders, speelgoed uitgedeel, asook skoene uitgedeel, wat bymekaar gemaak is deur Môreson Personeel op 20 Mei 2015. (Kaalvoet vir kinders-veldtog).

Die groep bied kinders ook die geleentheid om die nodige beplanning, organisering en effektiewe spanwerk vaardighede  aan te leer en te bemeester.