Mediese program

Dit is die reg van elke kind om toegang te hê tot mediese dienste. Mev Clouda Koen, Staf Verpleegkundige van hierdie sentrum, lewer in samewerking met Sentrum, Cornville Munisipale Klinieke en George Hospitaal uitstekende mediese dienste aan elke kind. Ons is baie dankbaar vir die privaatpraktyke wat hul dienste gratis beskikbaar stel wanneer bykomende dienste benodig word.

  • Tandheelkundige dienste word deur die Munisipalitiet se Tandheelkunde kliniek gelewer
  • Psigiatriese en sielkundige dienste word gelewer deur George Hospitaal
  • Die volgende groepe is aangebied:
  • Algemene Higiëne
  • Pre-adolessente groep
  • Gesondheid & Skoonheid
  • Tienerswangerskap
  • Gesonde diëet
  • Seksualiteit