Nuusbrief Eerste Kwartaal 2017

Ons kyk terug en sien hoe die jaar 2016 verby geflits het en ons verwelkom 2017 met verwagting en hoop. Die jaar 2016 was ‘n jaar vol uitdagings vir Môreson, maar met groot dankbaarheid kan ons getuig dat ons Vader in die Hemel elke dag voorsien het in elke behoefte van hierdie sentrum.

Ons sien uit na 2017 en skop af met ons eerste nuusbrief in jare. Ons wil elkeen wat hierdie nuusbrief lees seën toebid vir 2017 wat voorlê.  Mag elkeen wat betrokke is by Môreson as vrywilliger, donateur, omgee-tannie of gemeente die grootheid van die Here ervaar.

Ronell Lindholm
BESTUURDER

NUUSBRIEF EERSTE KWARTAAL 2017