JAARVERSLAG 2018 FINAAL
Uncategorised
BASAAR 2018 Baie, baie dankie vir elkeen wat deel was van hierdie WONDERLIKE GELEENTHEID! ‘n Spesiale dank aan ieder en elk vir jul ondersteuning! Die bedrag gevorder met hierdie jaar se Basaar het al ons verwagtinge oortref. Baie, baie dankie aan al die Kerkverteenwoordigers, Bestuur en Personeel vir al jul harde werk. Baie dankie ook aan almal wat skenkings gemaak het vir die Basaar, sonder julle sou dit nie so groot sukses kon wees. Dankie Here vir U sëen met hierdie verrigtinge en die heerlike sonskyn dag wat U ons mee gesëen het.
BASAAR 19 MEI 2018 OM 09H00
Ons is baie opgewonde en hard besig met die finale reëlings rondom ons jaarlikse BASAAR. Moet dit nie misloop. Dit vind plaas op 19 Mei 2018 vanaf 09h00 op Môreson se gronde. Maak solank ‘n aantekening van hierdie belangrike datum. Sien jul daar!!!
Die Kerrie en Sjerrie Aand 2017 – 18 Augustus 2017 was ‘n reuse sukses. Baie dankie aan al ons donateurs, sonder julle sou ons nie hierdie funksie jaarliks kan aanbied. Baie dankie ook aan die publiek en Môreson vriende vir jul getroue ondersteuning, ons waardeer elkeen van jul.
Môreson Basaar 20 Junie 2017 was ‘n groot sukses. Hiermee ons opregte dank en waardering vir almal wat betrokke was met die rëel, werk en skenk van produkte om Môreson se Basaar EEN GROOT SUKSES te maak. Ons besonderse dank aan al die Kerke en omgee mense wat direk betrokke was saam met elke huis hier by Môreson, sonder julle sou ons dit nie kon doen. Oud en jonk het dit terdëe geniet, die Springkastele was ‘n hoogte punt vir die kinders! Dankie aan Ockert wat die Springkastele vir ons geborg het, asook dankie aan Plantjie kwekery, Norga rivier kwekery en Lida van Hoekwil wat vir ons plante geskenk het om te verkoop. Ons waardeer jul betrokkenheid en omgee vir Môreson.
SNOEKBRAAI – 3 MAART 2017
Ons SNOEKBRAAI was ‘n groot sukses! Baie dankie aan die Vryburgers en van ons personeel vir hulle aandeel en harde werk. Ons waardeer dit opreg! ‘n Paar foto’s van die geleentheid!